Happy Birthday, Megs!
Gelukkige verjaarsdag, my suster. Ek weet honestly nie eers hoe om so ’n boodskap te begin nie, want ek is baie awkward met emosionele goed en ek weet nooit wat om te sê nie. Maar ek wou darem probeer om vir jou iets langer te skryf, want jy verdien dit.Ek hoop regtig jy het vandag die beste dag en dat jy baie lekker bederf word. Ek hoop jy glimlag baie, lag baie en geniet elke oomblik van jou dag. Jy verdien al die goeie dinge wat na jou kant toe kom, en ek hoop hierdie nuwe jaar van jou lewe bring vir jou baie geluk, liefde, goeie herinneringe en baie mooi oomblikke.Ek is regtig baie dankbaar dat ek jou as my suster het. Ons stem dalk nie altyd oor alles saam nie en ons kan mekaar seker partykeer irriteer 😭, maar aan die einde van die dag sal jy altyd my suster wees en ek sal altyd vir jou omgee. Ek sê dit dalk nie baie nie, want soos ek gesê het, ek is awkward met hierdie goed, maar jy beteken baie vir my.
Dankie vir al die kere wat jy daar was, vir al die klein goed wat jy doen, en vir al die herinneringe wat ons saam gemaak het. Ek hoop ons kan nog baie meer herinneringe saam maak en eendag terugkyk na alles en lag oor hoe stupid ons soms was.
Ek weet nie wat nog om te sê nie, so ek gaan seker nou net aanhou praat omdat ek probeer om hierdie boodskap langer te maak 😭. Maar ja, ek wou net hê jy moet weet dat ek jou baie liefhet en dat ek hoop jy weet hoe spesiaal jy vir my is, selfs al wys ek dit nie altyd nie.
Geniet jou verjaarsdag baie, my sus! Ek hoop hierdie jaar is een van jou beste jare en dat alles waarvoor jy hoop uiteindelik vir jou uitwerk. Bly altyd jouself en moenie ooit dink jy is nie goed genoeg nie. Jy is ’n amazing persoon en ek is gelukkig om jou my suster te kan noem.Weereens, baie geluk met jou verjaarsdag!! Ek hoop jy het die lekkerste dag ooit. Ek is lief vir jou, sus(Nie uintlik). 🤍

Birthday Wishes
Add Your Wishes